Antwoorde oor die Afrikaanse dienste wat Aquilla Wellness Solution u bied.

Dr. Barbara Louw is 'n tweetalige toonaangewende traumaberader, pastorale sorgspesialis en korporatiewe welstandskonsultant, met dekades se ondervinding in die leiding van individue en organisasies na heelheid, veerkragtigheid en emosionele genesing. Haar kundigheid strek oor traumaherstel, korporatiewe welstandstrategieë, geloofsgebaseerde berading en professionele opleiding, met 'n besondere fokus op narratiewe terapie, posttraumatiese bitterheidsoplossing en leierskapsontwikkeling. Haar werk is toegewy aan die bemagtiging van individue, gemeenskappe en organisasies om nie net trauma te oorkom nie, maar ook om blywende transformasie en doelgerigte welstand te vestig.

Berading by Dr Barbara Louw is 'n veilige ruimte waar jy jou besorgdhede, gedagtes, gevoelens en vrae met vrymoedigheid kan deel. Dit help jou om spanning te verlig, hoop and insig te kry en harmonie in jou lewe te herstel - in Afrikaans, jou huistaal en hartstaal.

As jy gereed is om die stap te neem kan jy jou afspraak vandag aanlyn maak.

Wanneer jy na ‘n goeie berader soek kyk jy waarskynlik verder as net kwalifikasie, want jy soek na ‘n persoon wat jou met respek en waardigheid gaan laat veilig voel.

Dr Barbara Louw skep vir jou ‘n veilige plek om jou storie te deel en sy neem jou belewenisse ernstig op, sonder om jou te veroordeel of aan te jaag. Om jou storie in Afrikaans te vertel is kosbaar want dit is jou huistaal en kosbare hartstaal.

Jy is veerkragtig en sal met deernis begelei word na groter heelheid toe. Sy etiketteer jou nie in biomediese terme nie, maar  werk saam met jou om vinnige, blywende deurbrake te bewerkstellig. Haar trauma-sensitiewe benadering persoonlik en vertroulik, omdat sy die ingewikkeldheid van die lewe eerstehands verstaan.

Wanneer jy ‘n aanlynafspraak of ‘n persoonlike afspraak in Pretoria maak gebruik jy die veilige en vertroulike aanlynbesprekingstelsel. Hier word by stap vir stap deur die maklike proses gelei.

As jy lank genoeg vas gebyt het en gereed is om ‘n plan te maak om jou seer gevoelens agter te laat, maak vandag ‘n afspraak met Dr Barbara Louw.

Afrikaans 001 350

Events Booking - Upcoming Events

There are no up-coming events
Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.